De lente is er echt onderweg, we hebben de afgelopen dagen de thermometer de 30 graden zien passeren, maar sinds gisteren is het nogal koud en nat. Vanmiddag hebben we sneeuw gezien op de bergtoppen. Helaas geen camera bij ons.
Dit weerbericht lazen we vanochtend in de krant:
KAAPSTAD. - Nog sneeu en swaar reën word voorspel vir die Wes-Kaap met verwagte neerslae oor die naweek.
Die Kaapstadse weerkantoor het gister 'n ernstige weerwaarskuwing uitgereik dat swaar reën sedert gisteraand sou val met wyd verspreide reën môre.
Alle nooddienste is sedert gisteraand op 'n gereedheidsgrondslag geplaas vir die gure weer.
Daar is 'n gevaar van vloede, oorstromings en modderstortings.
Volgens mnr. Dirk Jantjies, raadslid van die Kaap Agulhas-munisipaliteit, het ongeveer 45 Hop-huise in Bredasdorp gistermiddag oorstroom.
"Die huise in Kleinbegin is oorstroom en die mense is kwaad hieroor."
'n Minimum van 20 mm reën word verwag in die komende neerslae.
Volgens mnr. Carlton Fillis, voorspeller by die weerkantoor, kan mense swaar reën met sterk tot stormsterk winde en ligte sneeu verwag.
"Ligte sneeuvalle op hoë bergpieke kan vandag verwag word. Swaar reën vanoggend vir die Skiereiland en Boland word ook verwag."
Stormsterk winde van tussen 35 km/h en 65 km/h word ook verwag, veral in kusgebiede, het Fillis gesê.
Hy voorspel dat dit môre gedeeltelik bewolk sal wees met 'n kouefront wat oornag reën bring. Reën word verwag vir Saterdagoggend en 'n gedeeltelik bewolkte Sondag. - (Clayton Swart)
Abonneren op:
Reacties posten (Atom)
3 opmerkingen:
hoi rita en wim
wat leuk het weerbericht in het afrikaans en de foto`s
tante sylvia ome theo
Een reactie posten