donderdag, december 23, 2004

Stormreën tref Wes-Kaap (Die Burger: 23 – 1 - 2004)


Die motor is meegesleur in Voortrekkerstraat op Robertson

KAAPSTAD. - Die hemelsluise is gister behoorlik bo dele van die Wes- en Oos-Kaap oopgetrek en 'n watermassa het motors meegesleur, huise beskadig en winkels en kampeerterreine oorstroom.
Veral Robertson het erg deurgeloop toe 176 mm reën op dié dorp uitgesak het. Talle winkels en huise is oorstroom en reddingswerkers moes trekkers inspan om motors wat in die watermassa vasgevang is, na veiligheid te sleep.
Volgens voorspellers van die weerdiens kan reën tot Saterdag in die ooste van die land verwag word.
Vir die dorre Kaapse metropool word egter geen reën vir die volgende paar dae voorspel nie.
Mev. Tolla van der Westhuizen, bestuurder van die winkel by die Shell - motorhawe in Voortrekkerstraat op Robertson, het gesê die reën het gister omstreeks 09:00 daar begin val.
"Ek het in my lewe nog nooit so iets aanskou nie. Die strate het soos die see gelyk - kompleet met branders. Die sterk waterstroom het 'n swaar yskas in die winkel sowat 2 m verskuif."
Volgens mnr. Johan du Toit, eienaar van die winkel, word skade aan sy winkel en die motorhawe op sowat R200 000 geraam.
"Ek het nie verwag dit sal só erg lyk nie - 'n mens kan nie die water keer nie."
Me. Kaashiefa Gallantt van Grassy Park was vir 'n sakebesoek op Robertson toe die water haar in haar motor vasgekeer het. "Ek het paniekbevange geraak toe ek die deur oopmaak en die water by die motor instroom."


TAKING STOCK: Kathleen Jansen tries to salvage what's left of her home in Robertson after heavy rain drenched the town. (Denvor de Wee, Die Burger)

Talle huise in die woonbuurt Droëheuwel op Robertson het oorstroom. Mev. Kathleen Jansen was met haar kinders in dié woonbuurt tuis toe die water hul huis tref. Haar kombuis is erg beskadig.
'n Vriendin van haar, mev. Regina Pietersen, het gesê: "Ek het in my deur gestaan toe die water in die pad afkom. Mense se besittings is in die stroom meegesleur."
Mnr. Kobus Bender, wat 'n winkel op die dorp bestuur, het gesê die water het "soos 'n rivier in die straat" voor sy onderneming verbygeloop. In sommige strate het die water bo-oor motors se enjinkappe gestroom. Die dorp was ook tydelik sonder krag nadat die elektrisiteitstoevoer deur die storm afgesny is.
Die polisie, die plaaslike nooddienste en die weermag het 'n gesamentlike operasiesentrum by die dorp se kommando-hoofkwartier op die been gebring om die rampbestuur van daar te koördineer.
Mnr. Seon Swartz, onderhoof van die Breërivier-Wynland-verkeersdepartement, het gesê die R60 tussen Robertson en Worcester moes gister vir drie uur gesluit word.
"Die pad was omstreeks 11:30 gesluit nadat swaar reën die pad oorstroom het. Dit is weer teen omstreeks 13:30 oopgestel. Dit was die enigste pad in die streek wat gesluit moes word."
Die munisipaliteite het ook kampeerders by die Silwerstrand-oord wie se woonwaens oorstroom is, van kos en verblyf voorsien.
Mnr. Cobus Dowry, Wes-Kaapse minister van landbou, het gesê hoewel sy departement dankbaar is vir die verligting wat die reën vir die droogte-geteisterde streek gebring het, is hy baie besorg oor die skade wat aangerig is.
Sy departement behoort vandag duidelikheid oor die omvang van die skade vir die Wes-Kaapse landboubedryf te hê.
Die Oos-Kaap het besonder swaar onder die stormweer deurgeloop. 'n Man het in Port Alfred verdrink en op Kamesh is 'n man dood toe hy oor 'n laagwaterbrug geloop en deur 'n rivierstroom meegesleur is. In Port Elizabeth het rampbestuurpersoneel gesê daar is nie 'n enkele gebied van die Nelson Mandela-metropool wat nie oorstroom is nie.


Einde krantenartikel.

Wij hebben het noodweer redelijk goed doorstaan. Ik moest gisterenmorgen al vroeg in Kaapstad zijn, en op de terugweg heb ik zo’n 200 km om moeten rijden om thuis te komen. De tuin was wel helemaal ondergestroomd, maar in huis was alles gelukkig droog. Alleen bleek het dak van de garage een beetje te lekken, de vloer was gedeeltelijk nat. Daar staat een belangrijk deel van onze inboedel opgeslagen, en we kunnen nog niet goed inschatten of er schade is. De garage staat namelijk helemaal vol met meubels en dozen, om erin te komen moet je er eerst iets uithalen (en buiten zetten). Vandaag regende het nog steeds dus we hebben besloten om beter weer af te wachten om eventuele schade op te nemen.

Geen opmerkingen: