Dit lazen we vorige week hier in de krant over Nederland, naar aanleiding van de op handen zijnde verkiezingen:
Nederland gepolariseer en sonder sterk leiers
DIE veelgeroemde Nederlandse verdraagsaamheid en die selfgemaakte multikulturele samelewing is aan die verkrummel. Nederlanders begin toenemend agter hul dyke wegkruip. ’n Regering waarin sterk leiers ontbreek en die rekening van baie jare se volstruispolitiek lê nou op die tafel. Nederland is ’n modern-Westerse, skatryk land, ’n magneet wat alles wat arm en verdruk voel, aantrek. Dit is lankal nie meer die land van die windmeulens en beterweterige “kaaskoppe” nie. Dit is heel normaal om meer Engels as Nederlands in Amsterdam se strate te hoor. Minarette van moskees staan naas kerktorings. Oordag loop vroue in Moslem-gewade in die strate. Nederland ondergaan ’n verandering in samestelling. Die oorspronklike bewoners voel bedreig. Dit is grotendeels hul eie skuld. Politici verwys na Nederland as ’n multikulturele samelewing. Die toestand is die produk van die stimulering van arbeid uit veral Turkye en Marokko, die toelating van die slawe-afstammelinge uit Afrika en voormalige kolonies in die Karibiese gebied en die verwelkoming van alles en almal wat meen verdruk te wees. Hulle was altyd welkom, want Nederlanders sien hulself graag as gawe mense met ’n groot hart vir die ellendiges van die wêreld. Daar is woorde geskep om die nuutkommers aan te dui. Die oorspronklike Nederlanders is “autochtone,” die nuutkommers “allochtone”. Ook die benaming “swart” word gebruik (swart = Marokkaan + Turk + Karibies + Afrikaan). Die Nederlandse politici het tot ’n jaar of vier gelede domweg bly glo dat die vreemdelinge probleemloos in die oop Nederlandse samelewing sou saamsmelt. Hulle het nie. Vandag woon baie allochtone in die agterbuurte. Daar bestaan letterlik “swart” skole. Dit was klaarblyklik nié die oorspronklike ideaal nie. Toe Pim Fortuyn, die vermoorde politikus, die vinger by die wond lê, is hy vir ’n rassis uitgemaak. (Rassis is die ergste verwensing wat jy ’n Nederlander kan toevoeg, veel erger as moordenaar of dief.) Nou gaan al hoe meer stemme op dat die man tog reg was.Die integrasiebeleid is ’n mislukking, die multikulturele ideaal vergete. Die stede het “ghetto’s” geword waarin vreemdelinge in hul kultuurgroepe saambondel. Pogings om te vermeng werk nie, ook nie met die toepassing van dwang nie. Die drie groot stede van Nederland het woonwyke waarvan die bevolking tot 40% “swart” is. Openlike uitings van rassisme gerig teen autochtone kom al hoe meer voor by die nuwe allochtoonse “medelanders” (teenoor Nederlanders). Die misdadigheid onder die Marokkaanse en Karibiese jeug is twee keer so hoog soos die nasionale gemiddeld. Deskundiges meen dit dui op sosiale ontwrigting. Stilweg word daardie realiteit erken, en owerheidstukke is dikwels vergesel van ’n vertaling in Arabiese skrif! Werkloosheid onder swart allochtone is twee maal so hoog en die vordering op skool veel laer. Swart allochtoonse kinders het gemiddeld ’n tweejaarZtaalagterstand. Werknemers neem mense met vreemde vanne (veral Arabies of Turks of uit Afrika) gewoon nie in diens nie, selfs nie vir indiensopleiding nie. Bedekte diskriminasie vier hoogty. Dit is die “swart” allochtone, die helfte van die 1,5 miljoen vreemdelinge, wat nie integreer nie. Die ander allochtone kom uit Oos-Europa, Asië, en Suid- en Noord-Amerika. Hierdie mense integreer in die reël goed. Die skerpste onderskeidende kenmerk van dié wat nie inpas nie, is nie soseer velkleur nie as godsdiens. “Swart” beteken Moslem (Marokkaan of Turk), en hulle, saam met diegene uit die Karibiese gebied, hou hulle eenkant. Afrika-asielsoekers integreer met hulle. Politici probeer die beeld van nie-diskriminasie hoog hou. Aan die ander kant word die druk van die kiesers groter om ’n einde te maak aan die misdaad en die Moslem-ekstremisme. Die groot partye is intern oor die saak verlam. Met vrees is die gebeure in Frankryk aanskou. In Nederland was ’n paar soortgelyke klein voorvalle by die allochtoonse jeug.In reaksie trek die autochtoonse meerderheid agter sy sosiale dyke terug. Hy soek leiding van die owerheid. Die Balkenende-kabinet is ernstig deur die Afganistan-debat geknou. Die naskokke van ongewilde maar noodsaaklike veranderinge van die sosiale bestel vererger dit. Die regering oorleef op geleende tyd. Die eerste terreurmoord se nawerking bly voelbaar. Hofsake teen in Nederland- gebore maar geradikaliseerde en gefrustreerde Moslems staan op die voorblaaie. Met Nederlandse soldate in Afganistan is die eerste terreuraanslag in Den Haag of Amsterdam van die kant van Al-Kaïda ’n kwessie van tyd.In die munisipale verkiesing vandeesmaand verwag almal ’n sterk swaai na . . . links. Dit word die noodgreep van ’n verwende volk wat alles van sy swak politici verwag.Dit is juis die linkses wat die sosiale probleme veroorsaak het. Maar dan: die ekonomie floreer weer. Suid-Afrikaners kan miskien hierdie eienaardige situasie verstaan. .
Marinus Wijnbeek is ’n medewerker van Die Burger in Nederland.
zondag, maart 12, 2006
Abonneren op:
Reacties posten (Atom)
Geen opmerkingen:
Een reactie posten